Tweede aardbewing tref SA in 24 uur

Na gisteroggend se aardbewing met middelpunt naby Klerksdorp, is die land gisteraand ook deur ‘n skudding geruk.

Die tweede skudding se middelpunt was in Botswana en het 6,8 op die Richterskaal geregistreer. Die skokke is gevoel oor die grootste deel van Noord- en Wes-Transvaal, maar tot in Pretoria, Middelburg en selfs Bloemfontein en Durban.  Geen berigte van beserings of skade is gerapporteer nie.

Gisteroggend se skudding was toe amptelik 4,6 op die Richterskaal en is ook wyd gevoel.