Trump kry die wind van voor

Die nuutverkose president van Amerika, Donald Trump, kry die wind van voor oor verskillende projekte wat hy wou deurvoer, waarvan die finansiering van die grensmuur met Meksiko een is.

Die versoek wat Trump gerig het dat die befondsing van die grensmuur in die federale begroting opgeneem word, is van die hand gewys en word as ’n groot terugslag vir Trump beskou.

’n Tweede terugslag binne dieselfde week het hom getref toe ’n federale regter in San Francisco beslis het dat president Trump se dekreet geblokkeer word wat bedoel is om geld terug te hou van stede wat weier om mee te doen aan die onwettigheid van die immigrasie beleid.

Dit is reeds die derde dekreet van Trump wat nie deurgevoer kan word nie en wat deur ’n federale regter verwerp is.

Intussen het meningspeilings van die linkse media getoon dat president Trump op die laagste vlak van ongewildheid verkeer teenoor enige van sy voorgangers, en dit word klaarblyklik toegeskryf aan sy omstrede uitsprake sedert hy president geword het.