Tim Noakes onskuldig

Die Mediese Professionele Raad van SA (HPVSA) het prof. Tim Noakes onskuldig bevind op ‘n klag van professionele wangedrag.

Dit volg nadat Noakes ‘n moeder op Twitter aanbeveel het om haar kind te speen op ‘n lae-koolhidrate, hoë-vet dieet.

Die klag en ondersoek sloer al sedert  2014 en word nou as afgehandel beskou.

Noakes was in die kollig met sy “banting dieet” wat die land soos ‘n storm getref het.