Tillerson kritiseer Rusland oor Oekraïne

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Rex Tillerson, het by aankoms by die Navo hoofsentrum in Brussel die “Russiese aggressie in die Oekraïne gekritiseer.

Die voormalige hoof van ExxonMobil wat vroeër ’n redelike goeie sakeverhouding met die Russe gehandhaaf het, was uitgesproke oor die Russe se betrokkenheid in die Oekraïne.

Hy het ook goeie betrekkinge met president Vladimir Poetin gehad, maar het nou sy kritiek uitgespreek en Navo se standpunte ondersteun met betrekking tot Rusland.

Tillerson het bygevoeg dat gesprek gevoer word oor die gereedmaking van Navo in Europa, en veral met die oog op Oos-Europa wat as eerste bedreiging gesien word.

President Trump sal self ook die Navo beraad bywoon in April, met die waarskynlike dat hy sy eis gaan herhaal dat Navo lande meer geld moet betaal om Navo doeltreffend te kry teen moontlike Russiese aggressie.

Foto – Minister Rex Tillerson