Tesourie stop Gupta/Zuma kontrak

 

Nasionale Tesourie het Eskom verhoed om twee kontrakte te verleng met .  Die korrekte prosedures is klaarblyklik nie gevolg nie en  sou die kontrakte toegestaan gewees het, sou die Gupta-beheerde maatskappy en Jacob Zuma se seun, Duduzane Zuma, meer as R4 miljard ryker gewees het.

Intussen het dit bekend geword dat Tegeta substandaard steenkool aan Majuba kragstasie voorsien het wat as “uitskot” steenkool beskou word.  Die Eskom woordvoerder, Khulu Phasiwe, het  gesê dat die bohaai gaan omdat die Guptas verbind word met die kontrakte, maar sou dit ‘n ander maatskappy gewees het sou daar geen bohaai gemaak word nie.

Dit blyk nou ook dat Tegeta “vooruit” betaal word vir steenkool wat nog afgelewer moet word.  Ook dit word as “normaal” beskou aldus Khulu en word dit nie as ‘n lening beskou nie.