Taliban dood dosyne Afgaanse soldate

Dosyne Afgaanse troepe is gedood in ’n aanval wat by ’n militêre kamp in die Balkh provinsie uitgevoer is deur die Taliban terroriste.

Die aanval wat Saterdag uitgevoer is deur terroriste was in uniforms van die Afghanistan weermag gekamoefleer toe hulle die basis aangeval het.

Onbevestigde berigte van ’n mediese beampte lui dat sowat 150 soldate gedood is en meer as 170 is gewond toe twee militêre voertuie die kamp binne gejaag het terwyl die soldate ’n gebedsessie gehad het.

Volgens die berigte het ses aanvallers in twee voertuie die kamp ingekom en verwoesting gesaai onder die soldate.

Een van die aanvallers is gedood en die ander vyf is in hegtenis geneem deur die Afgaanse soldate.

Die militêre basis wat ook die provinsie se hoofkwartier van die Afganistan se nasionale weermag is, word as belangrike sentrum beskou wat ’n stryd voer teen terroriste in die noorde van die land.