Stadion se R10 miljoen skandaal

Van planne om die Bob van Reenen stadion in Krugersdorp op te gradeer, het niks gekom nie en R10 miljoen is in die proses vermors.

In 2006 is aangekondig dat die stadion opgradeer gaan word maar op hierdie stadium groei die gras lustig op die tartan baan.

Die maatskappy Tauris Garden Trading 500 het die kontrak gekry om die werk te doen maar die projek is gestaak nadat die ouditeur-generaal ongerymdhede reeds in 2015 uitgewys het.