Staatskaping begunstigdes amper bokveld toe

As die polisie nie ingegryp het nie, was dit skynbaar amper die laaste dag op aarde vir verskeie bevoordeeldes van die sogenaamde staatskaping.

Die polisie het na ‘n ondersoek van etlike maande lank, ‘n 23-jarige man in hegtenis geneem wat blykbaar sluipmoorde op mense beplan het wat begunstigdes van staatskaping sou wees.

Na bewering het die man ‘n lys met 19 name gehad van mense wat geteiken was om deur ‘n sluipskutter om die lewe gebring te word. Verskeie ministers se name is onder andere blykbaar daarop.

Die man se identiteit sal bekend gemaak word sodra hy in die hof verskyn, en skynbaar sal die lys van geteikende slagoffers ook in die hof geopenbaar word.