SpaceX sorg vir ruimtevaart opwinding

’n Opwindende tyd in ruimtevaart is te wagte na ’n lang tydperk van redelike stilte, veral omdat Elon Musk, gereeld gaan sorg vir “die volgende eerste” gebeurtenis in die ruimtevaart van die wêreld.

Alles het tot hede volgens plan verloop en is daar reeds ’n “eerste keer” waarvoor SpaceX sorg toe sy “tweedehandse vuurpyl” vir die tweede keer gebruik is om deur die ruimte te klief.

SpaceX het die eerste instansie geword wat ’n vuurpyl die ruimte instuur, en dan sy satelliete aflaai in die ruimte en daarna terugkeer na die aarde om op die presiese plek te land wat daarvoor bestem is.

Die opwinding is daarin dat daardie selfde vuurpyl, wat miljoene dollar kos om te vervaardig, nou vir ’n tweede keer gebruik is  om ’n soortgelyke taak uit te voer.

Elon Musk is besig om geskiedenis te skryf, en as hierdie sending uiteindelik volkome suksesvol uitgevoer word, het hy ’n ontsaglike diep spoor in die geskiedenis van die mens se ruimtevaart getrap.

Musk se New Sheppard vuurpyl was reeds vyf keer in die ruimte, maar die nuwe uitdaging wat SpaceX nou aanpak, is volgens ruimtevaart deskundiges, ’n eerste wat blywende indrukke sal laat.

Die nuwe Falcon 9 wat lanseer is, vervang die vorige New Sheppard en sal veel verder die ruimte in beweeg waar satelliete “afgelaai” word.

Die vuurpyl sal, nadat sy vrag afgelaai is, terugkeer na die aarde en weer land op die plek wat bestem is, waarna dit weer opgeknap word vir ’n volgende sending die ruimte in.

Die Suid-Afrikaans gebore miljardêr is intussen ook besig om die motor industrie op sy kop te draai met die ontwerp van sy Tesla elektriese motorvoertuie.