Sonenergie verbruik styg wêreldwyd

Wêreldwyd word die groen energie, waarvan sonkrag die grootste deel uitmaak, in toenemende mate aangewend as alternatief vir steenkool en kernkragsentrales.

Alhoewel die beleggings in sonkrag aansienlik gedaal het, is dit merkwaardig dat die gebruik van die energiebron steeds styg.

Die langtermyn ekonomiese voordele van son- en windenergie het verbruikers gedwing om daarna oor te skakel, veral in die lig van die immer stygende koste in elektrisiteit wat deur steenkool verskaf word.

In 2016 het die wêreld ’n rekord bereik met groen energie wat gebruik is nadat dit beskikbaar gestel is op verskeie metodes.

Groot son- en windplase is opgerig, en duisende huiseienaars het sonpanele aangeskaf om die stygende koste teen te werk.

Die nuwe tegnologie het gesorg vir ’n bykomende 135,5 gigawatt krag, wat ’n toename van bykans 10% is teenoor die vorige jaar.

Die Verenigde Nasies sê in ’n verslag, investering in son- en windkrag projekte het in 2016 met $242 miljard gedaal, wat 23% minder is as die jaar tevore.

Wind- en sonenergie lewer tans dieselfde hoeveelheid elektriese krag as wat 16 van die wêreld se grootste kragsentrales gesamentlik lewer.

Die verskil is egter dat die steenkool en kernkragsentrales verantwoordelik is vir besoedeling wat moeilik bekamp kan word.