Smaaklike varklies

Vir baie min moeite kan u gerus die volgende varklies resep maak. U kan al die invryfbestanddele al die vorige aand aan die vleis invryf. Dit is maklik en word in die oond geplaas en dit bak 4 – 5 ure teen ‘n lae hitte.

 

Bestanddele:

1 Middelslag varklies snit met vel wat in kepies gesny is

Sout en swartpeper na smaak

Suurlemoensap

Olyfolie

Gekapte knoffelhuisies na smaak

Vars tiemie en roosmaryn blaartjies na smaak

 

Metode:

Meng al die invryfbestanddele en smeer oor die vleis en laat staan vir ten minste 4 ure in yskas.

Bespuit ‘n oondpan.

Sny 2 suurlemoene in dik skywe en plaas dit in die oondpan.

Plaas die varklies bo-op en bak by 160ºC vir ten minste 4 tot 5 ure.

Draai die vleis af en toe om en skep die vet oor en hou aan tot gaar.

Die vel moet bo wees wanneer amper gaar en dan bak hy verder sommer net heerlik krakerig.

U kan ook ‘n uur voordat die vleis gaar is, ‘n paar aartappels by die vleis in die pan met vet plaas om gaar te bak, veral aartappels met skilletjies aan. Onthou om hulle ook kort-kort bietjie te draai of roer.

Smaaklike ete