Seewater ontsouting nou uiters bekostigbaar

’n Britse navorsingspan het daarin geslaag om sout uit seewater te filtreer met behulp van ’n “wondermiddel” bekend as grafeem.

Die wetenskaplikes meen die proses van filtrering kan verligting bring aan miljoene mense wat tans nie voldoende drinkwater het nie.

Grafeem is eers in 2004 ontdek deur wetenskaplikes verbonde aan die Universiteit van Manchester wat hulle die Nobelprys besorg het in 2010.

Grafeem bestaan uit ’n laag koolstof molekule in reëlmatige seshoeke en slegs een atoom dik.

Die nuwe produk wat oor besondere eienskappe beskik is uitermatig lig in gewig, besonder buigbaar en tien keer sterker as yster terwyl dit ook ’n uitstekende stroomgeleier is.

Vervaardigers van hoë tegnologie toerusting het reeds begin om die produk aan te wend weens die duursaamheid en besondere eienskappe wat die vervaardigingsbedryf na ’n nuwe era bring.

Wetenskaplikes beweer dat die ontsouting van seewater nou tegnies veel makliker gedoen kan word teen ’n bekostigbare proses.

Grafeem kan met ’n redelike eenvoudige proses van oksidasie vervaardig word, en kan ook in groot hoeveelhede geproduseer word.

Die filtreer proses is redelik eenvoudig aangesien die grafeem as ’n membraan gebruik kan word om die sout te skei van die seewater.