Saoedi bou reuse plesier-oord

Saoedi-Arabië sal vroeg in 2018 begin met die oprigting van reuse stad wat ingestel is op plesier vir besoekers, en sal nie net ’n enorme groot stad wees nie, maar sal ook uiters modern wees.

Die kroonprins van die land sê in ’n verklaring die stad word gebou om ’n inkomstebron te word wanneer die vraag na olie skerp daal, of die beskikbaarheid afgeneem het.

Die stad sal ’n oppervlakte van 334 vierkante kilometer beslaan, wat drie keer so groot is as die Franse hoofstad, Parys, en sal ten suide van die land se hoofstad Riyad geleë wees.

Die stad sal letterlik aan alle soorte vermaak en plesier se behoeftes voorsien wat van reuse pretparke tot safari’s insluit.

Mohammed bin Salman het verklaar dat dit die grootste kultuur- en sportsentrum sal wees wat as ’n ontspanningstad bekend sal wees.

Luukse hotelle, restaurante, teaters en museums sal deel uitmaak van die stad waarvan die eerste stene vroeg in 2018 gebou sal word.

Een van die belangrikste kenmerke van die stad is dat geen alkohol of enige filmteaters toegelaat word nie, en alle vroue sal verplig wees om ’n lang gewaad te dra.