SAL staking dreig

Die bestuur van SAL het kennis ontvang van ‘n vakbond wat kajuitpersoneel verteenwoordig, dat hul met industriële aksie gaan begin.

Die staking kan so vroeg as vanoggend (Woensdag 26 April) begin en ‘n invloed hê op geskeduleerde vlugte.

Reisigers wat van SAL gebruik maak moet seker maak dat vlugte op tyd sal wees en/of die vlugte wel sal vertrek. Skynbaar sal alle inligting op SAL se webblad aangebring word, as die webmeester nie ook besluit om te staak nie.