Saftu beskou Ramaphosa as ‘n kapitalis

Tydens die stigting van die nuwe vakverbond Saftu, onder leiding van Zwelinzima Vavi, is uitdruklik gesê dat hulle geen alliansie aangaan met enige politieke party nie.

Tog het hulle gemeld hulle nie vir Cyril Ramaphosa sal steun as nuwe president van die land nie aangesien hy ‘n kapitalis is.  Hy word vergelyk met Ernest Oppenheimer.  Al verskil is die velkleur, aldus die vakverbond se adjunk sekretaris Moleko Phakadi.

Intussen het Saftu homself wel tot ‘n Marxisties-Leninistiese vakbond verklaar, wat dus wel bepaalde politieke doelwitte het.

Tans is Saftu met sy 700 000 lede die tweede grootste vakverbond in die land, wat volgens arbeidskenners kan groei tot die grootste. Hy sal dan beslis sy gewig iewers in die politiek rondgooi, omdat Vavi al voorheen politieke aspirasies getoon het.

Foto: Zwelinzima Vavi