Saftu begin op rassistiese noot

Die nuwe vakverbond, die South African Federation of Trade Unions (Saftu), het die uitgeskopte Cosatu leier, Zwelinzima Vavi, onbestrede as hulle eerste leier verkies.

Een van die sprekers op die stigtingsvergadering op Boksburg, was Numsa se sekretaris-generaal, Irvin Jim. Hy het die sogenaamde wit monopolie kapitaal beskou as die strategiese vyand van die werkersklas, en dat ekonomiese mag nodig is om die politieke mag te ondersteun.

Hy het ook die Reserwebank daarvan beskuldig dat hy rentekoerse hoog hou om “wit belange” te beskerm.

Saftu wil glo die weerlose werkers, “insluitende taxi-bestuurders”, verteenwoordig.

Waarnemers het die opmerking gemaak dat daar niks weerloos is aan taxi-bestuurders as na hulle gedrag op die paaie gekyk word nie.

Foto: Irvin Jim