Reën in die moederstad

Kaapstad het die eerste winterreëns beleef en verdere neerslae word verwag met stormwinde aan die Weskus.

Selfs Transvaal en die Verre Noord- en Oos Transvaal kan vandag reën verwag met ‘n 50 % moontlikheid van buie.

Na die aanvanklike goeie reënseisoen, was Maart in die noordelike provinsies weer ‘n droë maand en boere het al gemeld dat die Maart-droogte, saam met die relatief hoë temperature, ‘n nadelige invloed het op gewasse, aangesien ‘n laaste opvolg reën dringend noodsaaklik is.

Kaapstad se watersituasie is intussen besig om op ‘n ramp af te stuur as die reën wat nou begin val het, nie voortduur en opgaardamme begin vol maak nie.