Rassie Erasmus gelukkig in Ierland

Berigte en spekulasie dat Rassie Erasmus uit Ierland sou terugkeer om ‘n pos by SA Rugby te aanvaar, is deur Erasmus self as onwaar afgemaak.

Bronne naby SA Rugby wou  beweer dat Erasmus by Allister Coetzee sou oorneem later in die jaar maar Erasmus het bevestig dat hy by die Ierse klub Munster gaan aanbly.

Erasmus kan dalk die leisels van die Ierse nasionale span oorneem wanneer Joe Schmidt se kontrak einde 2017 uitloop.  Rassie besef seker soos baie ander dat sport in SA in sports ontaard het met politieke inmenging en gedwonge kwotas.