Prasa-raad moet heraangestel word

Die Hooggeregshof in Pretoria het die minister van vervoer gelas om die tussentydse Prasa-raad te vervang met die ou raad wat afgedank is.

Dit volg nadat die voormalige Prasa voorsitter, Popo Molefe, aansoek daarom gedoen het by die hof.

Die Prasa-raad is afgedank deur die vorige minister van vervoer, Dipuo Peters. Sy is tydens Zuma se omstrede kabinetskommeling as minister afgedank, en sy het intussen ook as parlementslid bedank.

Dit is nie seker of die nuwe minister die hof se beslissing op appél gaan neem nie. Waarnemers glo egter nie dat dit gaan gebeur nie sodat die ou en oneffektiewe Prasa-raad hulle ou en goed betalende posisies kan inneem. Die meeste van hulle word as Zuma lojaliste gesien.