Phalaborwa brand ook

Vier vragmotors en verskeie ander voertuie is op Phalaborwa aan die brand gesteek. Die geweld het skynbaar ook na omliggende dorpe uitgekring.

Die polisie beweer dat hy ‘n wakende oog hou in die gebiede, maar soos in die meeste gevalle, kon hulle nie ander burgers se eiendom doeltreffend beskerm en verhoed dat die voertuie aan die brand gesteek word nie.

Skynbaar gaan die betoging teen twee senior bestuurders van die Phalaborwa mynmaatskappy wat hulle aan nepotisme sou skuldig maak. Die betogers eis hulle afdanking.