Petry dalk nie AFD kandidaat

Die leier van die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AFD) dr. Frauke Petry gaan waarskynlik nie die party se kandidaat wees in die komende algemene verkiesing wat in September gehou word nie.

Dr. Petry verwag haar vyfde kind en kan dalk weens die omstandighede nie as kandidaat beskikbaar wees nie, wat die AFD in ’n netelige posisie laat.

Dit is nie seker wanneer dr. Petry se bevalling sal wees nie, maar berigte lui dat dit kort voor die verkiesing sal wees.

Die AFD het nie baie goed gevaar in die verkiesing van Saarland wat enkele weke gelede plaasgevind het nie, en kon slegs 6% van die stemme trek.

Dr. Petry is ’n sterk leier in die AFD en word wyd gerespekteer vir haar kalm en doelgerigte standpuntstelling.

Frauke Petry (41) is ook bekend as die gematigde leier wat telkens die party se heethoofde tot bedaring moes bring tydens party byeenkomste, en haar afwesigheid in die verkiesing sal ’n groot terugslag wees vir die Duitse nasionaliste.

Foto – Frauke Petry