Paasnaweek swarter as verlede jaar

Vanjaar se Paasnaweek het uiteindelik ‘n donker naweek op die paaie blyk te wees met ‘n styging van 51% in die padsterftes teenoor verlede jaar.

Verkeersowerhede se hoop om die padslagting vanjaar drasties te verminder, is daarmee vernietig en hernude vrae ontstaan oor die manier van wetstoepassing, veral ten opsigte van motoriste wat hulle nie aan verkeersreëls steur nie.

Vanjaar is 235 mense op die land se paaie dood teenoor 156 verlede jaar.  Heelwat van hulle is voetgangers wat onwettig oor snelweë loop, en waaraan verkeersowerhede niks doen nie, omdat dit meer lonend is om van onder koeltebome snelstrikke te stel.