Oudste mens ter ruste

Die wêreld se oudste mens, Emma Morano, het na 117 jaar en 137 dae, in die noordweste van Italië haar laaste asem uitgeblaas.

Haar dokter wat vir jare oor haar welstand gewaak het, het die heengaan van die oorledene bekendgemaak.

Sy is in die teenwoordigheid van familielede oorlede in haar woonhuis se slaapkamer in die dorp Pallanza waar sy vir etlike jare deur ’n tuisversorger bygestaan is.

Morano was, sover bekend die laaste mens op aarde wat voor die jaar 1900 gebore is.

Sy is op 29 November 1899 gebore en was die oudste persoon wat tot hede in Italië gewoon het.

Sy is die oudste van agt kinders en is in 1938 van haar man geskei wat haar mishandel het. Haar enigste kind is ses maande na geboorte oorlede.

Emma het graag vertel dat sy haar hoë ouderdom daaraan te danke het dat sy daagliks twee rou eiers geëet het.

Volgens die Gerontology Research Group, in Amerika, het Violet Brown op 10 Maart vanjaar ook haar 117de verjaarsdag gehad.

Foto – Emma Morano (met foto uit haar jeugjare)