OR Tambo Maatskappy skors 30 werkers

Die lughawensmaatskappy het bekend gemaak dat hul 35 van hul 56 inligtingstoonbank se personeel geskors het nadat dit aan die lig gekom het dat die werknemers onwettige belonings of kommissie ontvang het van sekere gasvryheidsverskaffers om verwysings  te verkry.

Dit is meer as 65% van die personeelkorps. Geen inligting van die rasseklassifikasie van die werkers kon verkry word nie.