Obama se Nee word Trump se Ja

Menseregte voorwaardes wat Barack Obama ingestel het en deel gevorm het van die verkoopsvoorwaardes aan Bahrein, die Golfstaat, is deur president Donald Trump van die tafel gevee.

Die voorwaardes het betrekking op die verkope van Amerikaanse F-16 vegvliegtuie aan Bahrein, maar die Republikeinse regering van president Trump het die Amerikaanse Kongres meegedeel dat die voorwaarde verval en die transaksie ongehinderd kan voortgaan.

Die Kongres is ingelig dat die bestelling van 19 Amerikaanse F-16 vegvliegtuie afgelewer word, wat die invloed van Iran behoort te neutraliseer in die hele Golf gebied.

Die besluit van president Trump maak die deur oop dat Bahrein se gesindheid teenoor die VSA verder verbeter, en dat die Amerikaanse Vyfde Vloot steeds die Golf gebied as tuiste kan benut.

Obama wou nie die transaksie van vyf miljard dollar goedkeur nie omdat die regering van Bahrein nie die menseregte verbeter het soos belowe is nie.

Kenners wys daarop dat president Trump heelwaarskynlik die belangrikheid van ’n goeie verhouding met Bahrein wil handhaaf, en goeie sake met hulle doen, terwyl die land se huishoudelike sake niks met handel te doen het nie.

Alhoewel die Amerikaanse Kongres die transaksie moet goedkeur, bestaan daar weinig twyfel dat die linkse Obama se voorwaarde gehandhaaf sal word.