Noord-Korea wil VSA skip kelder

170204-N-BL637-204 PACIFIC OCEAN (Feb. 04, 2017) The aircraft carrier USS Carl Vinson (CVN 70) transits the Pacific Ocean. The Carl Vinson Carrier Strike Group is on a regularly scheduled Western Pacific deployment as part of the U.S. Pacific Fleet-led initiative to extend the command and control functions of U.S. 3rd Fleet. U.S. Navy aircraft carrier strike groups have patrolled the Indo-Asia-Pacific regularly and routinely for more than 70 years. (U.S. Navy photo by Mass Communication Specialist 2nd Class Sean M. Castellano/Released)

Noord-Korea staan gereed om die Amerikaanse vliegdekskip, die USA Carl Vinson, te kelder wat onderweg is na die skiereiland.

Indien die “lomp gevaarte” die gebiedswaters van die Noord-Korea sou ingaan, sal die skip gekelder word volgens ’n berig in een van die land se koerante.

Die Koreaanse koerant, “Rodong Sinmun” verwys na die Amerikaanse vliegdekskip as ’n “lomp gevaarte” wat gekelder sal word sodra dit die gebiedswaters van die land sou invaar.

Die koerant berig dat Noord-Korea aan die vliegdekskip sal wys waartoe die land se militêre mag in staat is en waarvoor die land staan.

Visepresident Mike Pence het Saterdag bevestig dat ’n vloot Amerikaanse skepe onderweg is na die skiereiland gebied en word ook vergesel van ’n vliegdekskip.