Noord-Korea waarsku VSA

“Amerika moet nie probeer om te mors met ons nie”, is die jongste waarskuwing van die kommunistiese Noord-Korea nadat die eerste oorlogskepe die Koreaanse skiereiland nader.

Amerikaanse oorlogskepe asook skepe van Japan en Suid-Korea is besig met ’n gesamentlike oefening wat deur militêre deskundiges beskryf is as ’n bedekte waarskuwing aan Noord-Korea.

Volgens die woordvoerder van Suid-Korea se weermag, is die noordelike staat besig met ’n groot saamtrek van militêre troepe aan die ooskus van die land en het met lewendige ammunisie en swaargeskut oefeninge hul magsvertoon begin.

Politieke leiers regoor die wêreld hou asem op dat die noorde nie met nog ’n toets en missiel lansering die spanning tot breekpunt neem nie.

Dit is nie bekend wat die Amerikaners se optrede sal wees indien Kim Jong-Un wel so ’n uitdagende oefening uitvoer nie.

Sjina het intussen woord gehou en sy uitvoere van steenkool na Noord-Korea gestaak, wat dit uiters moeilik kan maak vir die kommuniste van die noordelike skiereiland.

Foto – Kim Jong-Un