Noord-Korea lanseer nog ’n vuurpyl

Noord-Korea het Woensdag weer ’n middelafstand missiel gelanseer wat met die terugkom in die Japanse See beland het tot frustrasie van die Japanese regering sowel as die Amerikaanse owerheid.

Die voorval is deur die Suid-Koreaanse ministerie van verdediging bekend gemaak wat ook deur die Amerikaanse en Japanese regerings bevestig is.

Die ballistiese missiel is vanaf die Noord-Koreaanse stad Sinpo, in die ooste van die land gelanseer en het met die terugkoms na die aarde sowat 60 kilometer in Japanese See gebied beland.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Rex Tillerson, het later gesê Amerika het genoeg gepraat oor Noord-Korea se uitlokking, en wil geen verdere kommentaar lewer nie.

Dit is die vyfde keer vanjaar dat Kim Jong-Un die Weste koggel met sy toetse van ballistiese missiele, en sal beslis hoog op die sakelys wees tydens die gesprekke tussen president Donald Trump en sy Sjinese eweknie, president Xi Jinping.

Foto – Kim Jong-Un