Nog ‘n staatsentiteit se bestuur afgedank

Die afdanking van besture van staatsentiteite word nou al byna mode.

Feitlik alle rade van entiteite waar die staat inspraak in die bestuur het, soos Eskom, SABC, en Prasa, het al die proses van afdanking ondergaan.

In die jongste geval is ook die raad van Petro SA afgedank weens gebrekkige leierskap en onbestendige bestuur, wat gelei het tot enorme finansiële verliese.

Skynbaar was daar ‘n verlies van veertien komma ses miljard rand in een geldjaar en is die meeste wat ‘n maatskappy in staatsbesit die land nóg in een jaar gekos het.

Ironies genoeg word al die rade deur die regeringsparty aangestel, en telkens word dieselfde fout gemaak, naamlik om politieke aanstellings te maak van onkundige en onbekwame ANC-lojaliste.