Nkandla – weer ‘n opgradering?

Ten spyte van die R246 miljoen wat reeds vermors is op die presidensiële “woning” is Jan Publiek in vir nog ‘n paar rand wat spandeer gaan word op Nkandla.

Die Departement van Openbare Werke het bevestig dat nuwe kontrakte in die pyplyn  is om die plek “op te gradeer”.  Baie geld moet ook gaan om swak vakmanskap van die vorige rondte te herstel, en om die sekuriteitstelsel op te gradeer, aangesien die president skynbaar nie veilig genoeg voel met die sekuriteit na die vorige opgraderings nie.