Nasionale busstaking beplan

Die Paasnaweek kan dalk vir die eerste keer in jare ‘n plesier op die land se paaie wees as die beoogde nasionale busstaking voortgaan.

Numsa het 18 busmaatskappye kennis gegee dat hul moet toegee aan ‘n 15%  salarisverhoging, anders sal daar geen busse loop nie.

Bykans 500 000 pendelaars sal deur die staking geraak word.

Kaapstad het reeds tot stilstand gekom met alle Golden Arrow en MiCiti  busdrywers wat staak.