Motorrubriek – Renault Sandero Stepway Dynamique

 

Sedert 2014 het daar nie veel veranderings aan die Renault Sandero plaasgevind nie. Dit wat wel plaasgevind het die algemene aansig van die voertuig verbeter en dit meer verbruikers vriendelik gemaak – nie dat daar ‘n probleem was nie!

Van die veranderings wat plaasgevind het sluit in ‘n ander vorm van hoofligte, LED hoofligte is gepas, die sierrooster is verander, nuwe kolligte is voor en agter aangebring, die agterligte se vorm is verander en die allooi wielnawe is verander en het ‘n meer prominente aansig. Die binneafwerking is verander en die sitplekke is met ‘n nuwe materiaal bekleedsel bedek, die stuurwiel is opgekikker en die rathefboom is met dowwe chroom afwerking bedek. ‘n Satnav aanraak skerm van sewe duim is gepas en dit dra by tot verdere rygerief.

‘n Verdere gerief wat bygevoeg is, is skakelaars vir die voorste sykant vensters wat geskuif is na ‘n meer gerieflike plek binne maklike bereik van die bestuurder en sy passasier. Die skakelaars vir die agterste vensters is op die instrumentpaneel gemonteer. Die Expression het bykomende toerusting by gekry en dit staan nou bekend as die Dynamique. Hierdie toerusting bestaan uit ‘n rekenaar, elektroniese spoed beheer, twee bykomende lugsakke wat die totaal vermeerder tot  vier, ‘n sitplekgordel waarskuwings lig, elektries beheerde buite spieëls, sitplek hoogte verstelling vir die bestuurder en as opsioneel, leerbedekking vir die sitplekke.

Die turbo aangejaagde, drie silinder, 12 klep, 898 kubieke sentimeter, inlyn enjin reageer goed wanneer nodig. Selfs op die oop pad is dit gewillig en speel maklik klaar met opdraandes. 135 Nm wringkrag is beskikbaar teen 2500 o.p.m. en 66 kW is beskikbaar by 5250 o.p.m. Volgens die vervaardiger is die brandstofverbruik 7.2 l/100 km. en die 50 liter brandstof houer verseker dat ‘n goeie afstand gereis kan word sonder om brandstof in te gooi.

Verdere hulp middels om die ABS remme te verbeter is  EBA, EBD, ASR, ESP en dit sluit in rem hulp verlening wanneer daar teen ‘n steil opdraand vertrek moet  word. Daar is nie baie voertuie in hierdie klas wat oor so ‘n wye veld rem hulpverlening voorsien nie.

Op die oop pad is dit gewillig, die stuurwiel is lig en die voertuig voel te alle tye solied en gerieflik op die pad. Selfs op grondpad is daar nie ‘n probleem met die padhou vermoë nie.

Die voertuig wat in SA beskikbaar is word in Roemenië gebou en die bougehalte is van hoogstaande gehalte. Selfs sitplek vir die agterste passasiers is meer as genoeg en die bagasieruimte is voldoende en kan van 292 tot 1200 liter neem.