Missielskild vir Suid-Korea beplan

Weermagdeskundiges van Amerika het begin met die opstel van ’n uiters moderne missiel afweer stelsel in Suid-Korea om die land te beveilig teen die kommuniste van Noord-Korea.

Die skild teen missiel aanvalle word opgerig in die suide van die land en sal beskerming bied teen moontlike ballistiese missiele wat deur die noordelike buurstaat afgevuur mag word.

Die projek sal na verwagting teen die einde van die jaar ten volle operasioneel wees, het ’n Amerikaanse woordvoerder gesê.

Die stelsel se eerste fase sal reeds aan die einde van April in werking wees, waarna die verskillende fases geïnstalleer sal word.

Suid-Korea het ook twee nuwe  radarstelsels aangekoop om die land teen die noordelike staat se ballistiese missiele beskerming te bied.

Die nuwe veiligheidsmaatreëls van Suid-Korea het noodsaaklik geword nadat Noord-Korea met verskeie toetse begin het om langafstand ballistiese missiele te lanseer wat as ’n ernstige bedreiging gesien word.