Minister keur goue handdruk af

Terwyl Brian Molefe gewag het vir sy R30 miljoen “pensioen” uitbetaling het die minister van Openbare Werke, Lynne Brown, die uitbetaling geveto deur te sê dat sy geen regverdiging sien vir die uitbetaling nie aangesien Molefe reeds ‘n prestasiebonus ontvang het vir sy werk by Eskom.

Watter prestasie dit was, word egter nie gemeld nie aangesien hy onder ‘n wolk by Eskom weg is.

Foto: Lynne Brown