Medikasie lei tot “misvormde” babas

’n Middel wat gebruik word vir die behandeling van epilepsie is na bewering verantwoordelik vir die “ernstige misvorming” van babas in Frankryk.

Frankryk het meer as 4 000 gevalle wat deur die middel veroorsaak is, en te midde daarvan is daar steeds talle verwagtende vroue in die land wat nogtans die middel gebruik.

Die middel wat onder die naam “Depakine” verkoop word wat klaarblyklik deur die Franse regulasies toegelaat word, afgesien van die geweldige risiko daaraan verbonde.

Weens die seldsame voorkoms van epileptiese gevalle, word dit moeilik om die gevare van sekere middels geïdentifiseer te kry, en word die betrokke middel steeds beskikbaar gestel.

Die Franse Nasionale Agentskap vir Veilige Medikasie het bevind dat die medikasie verantwoordelik is vir ’n groot aantal “misvormde” babas in die land, en het gewaarsku dat vroue wat die middel gebruik die gevaar loop om ’n baba in die lewe te bring wat misvorm is.

Die Agentskap waarsku dat vroue wat die middel gebruik, se kanse vier keer hoër is om geboorte te gee aan ’n baba wat afwykings het.

Die medikasie is slegs op voorskrif beskikbaar, en die aanbeveling is dat verwagtende vroue dit slegs moet gebruik wanneer enige ander middel vir epilepsie nie meer doeltreffend is nie.