Mbete sny reis kort vir moontlike sitting

Die speaker van die parlement, Baleka Mbete, moes ook haar reis na  Bangladesh kort knip nadat opposisiepartye aangetoon het dat hul weer ‘n mosie van wantroue teen Zuma wil voorlê in die parlement. Die parlement is tans in reses tot in Mei, maar die Speaker het die mag om die parlement vir ‘n spesiale sitting terug te roep.

ANC woordvoerders swyg oor die kabinetskommeling wat Zuma aangekondig het en meld dat die party se nasionale strukture nog oor die gebeure sal beraadslaag. Die sogenaamde groot ses van die ANC vergader skynbaar later vandag.

Die nuwe minister van finansies, Malusi Gigaba, se oë rek intussen al hoe groter en hy ontken dat sy aanstelling die rede is vir die onrus in partygeledere. Intussen het die SAKP die ANC “kennis” gegee dat massa optredes begin gaan word om Zuma te verwyder as president.

Foto: Baleka Mbete