Macron oppad na Élysée-paleis?

Alles dui daarop dat die onafhanklike presidentskandidaat, Emmanuel Macron verkies gaan word as president van Frankryk wat waarskynlik eersdaags sy intrek sal neem in die swierige Élysée-paleis.

Ingeligte politieke ontleders sê dit sal ’n wonder wees as sy opponent, Marine Le Pen, in die tweede rondte van die verkiesing met die louere wegstap na die gesogte Franse paleis.

Met die verskillende kandidate wat een na die ander bekendgemaak het dat hulle hul ondersteuners aanmoedig om vir Emmanuel Macron te stem en nie vir die nasionalistiese Marine Le Pen nie, maak dit die stryd vir die Franse dame veel moeiliker.

Sy het wel daarin geslaag om ’n rekord aantal kiesers se steun te kry in die eerste rondte, maar dit is klaarblyklik ’n oormag wat teen haar mobiliseer om te verseker dat Macron die tweede rondte se wenner word.

Foto – Die weelderige eetlokaal van Élysée paleis