Maatskappy hoes R1,7 miljoen vir ANC partytjies

‘n Kontrakteur wat ‘n R2 miljard kontrak met Eskom beding het, het bykans R1,7 miljoen aan die tesourier-generaal van die ANC betaal nadat Zweli Mkhize ‘n pleidooi gerig het aan die hoofuitvoerende beampte van Impulse International, Pragasen Pather, dat die party sukkel om hul rekenings te betaal vir hul verjaarsdagparty op 8 Januarie 2017.

R1 miljoen is op 5 Januarie 2017 in ‘n fonds genaamd  ANC TG Funds inbetaal en op 9 Januarie 2017 het Impulse ‘n R14,2 miljoen kontrak gesluit met Eskom.  Op 11 Januarie 2017 is ‘n verdere R775 000 oorbetaal in dieselfde rekening.

Hierdie gebeure volg na dit aan die lig gekom het dat die waarnemende hoofuitvoerende beampte van Eskom se dogter, Koketso Choma, R16 miljoen ontvang het van die maatskappy.  Berigte het dit dat Eskom in die ses maande tydperk dat Choma daar werksaam was, meer as R1 miljard se kontrakte aan Impulse toegeken is.

Foto: Koketso Choma