Luukse Dubai-huis van Guptas vir Nkosazana?

Die voormalige ANC-LP, Vytjie Mentor, het skynbaar ‘n bewering gemaak dat Nkosazana Dlamini-Zuma ‘n luukse huis in Dubai gekry het van die omstrede Gupta familie, in ruil daarvoor dat hulle bepaalde tenders toegewys kry.

Daar word ook beweer dat Nkosazana vir die Guptas kontrakte gegee het toe sy nog minister van binnelandse sake was.