Lekker sampioene met groente

Na ‘n heerlike Paasnaweek, wat is daar vir ete sonder vleis? Heerlike gebakte sampioene en jy kan sommer allerhande groente byvoeg na smaak.

 

Bestanddele:

Groot bruin sampioene (vir hoeveel porsies nodig is)

12,5 botter

125 ml gesnipperde uit, groen, geel en rooi soetrissies

Klein bietjie knoffelvlokkies om oor te strooi (opsioneel)

250 ml gerasperde kaas

 

Metode:

Was die sampioene en droog met kombuispapier.

Smeer botter al om die stingeltjie van die sampioene.

Strooi bietjie knoffelvlokkies oor.

Strooi uiemengsel oor.

Strooi kaas oor en bak in oond tot gaar.

 

Wenk: In plaas van die soetrissies saam met die ui,  kan halfgaar gesnipperde spinasieblare of enige ander groente gebruik word. Dit bly ‘n wenner saam met slaai of broodrolletjies.