Lekker saam met braaivleis

Wat eet ons saam met braaivleis die naweek? Kom ons maak ‘n romerige kapokaartappelgereg met gesnipperde spek.

 

Anderste Kapokaartappels

Bestanddele:

1 pakkie strepies spek gesnipper

500 gr jong aartappels gehalveer

250 ml dik room

Sout en peper na smaak

60 ml grasuie, gekap

125 ml cheddarkaas gerasper

 

Metode:

Voorverhit die oond tot 180ºC.

Braai die gesnipperde spek in ‘n droë pan tot bros.

Kook die aartappels in soutwater tot gaar en maak dit fyn terwyl die room bygevoeg word en geur met ekstra sout en peper.

Roer nou die grasuie, kaas en spek by en roer dit goed deur

Garneer met gekapte pietersielie (opsioneel)

 

Hierdie resep is voldoende vir 4 mense.