Le Pen het skitterend presteer

Dit was nie net ’n oorwinning in die televisiedebatte wat Marine Le Pen se ondersteuningsbasis vergroot het nie, maar ook haar persoonlikheid en uitmuntende redenaarsvermoë het getoon dat sy goed sal vaar in die afgelope presidentsverkiesing.

Front Nasionaal het onder Le Pen se leiding byna 8 miljoen stemme gekry terwyl ses ander kandidate haar beveg het, en sy ook die media teen haar gehad het in die veldtog.

In 2015 het Front Nasionaal gegroei tot die sterkste party in Frankryk toe sy 6,8 miljoen stemme gekry het.

Die onafhanklike presidentskandidaat, Emmanuel Macron het 8,5 miljoen van die stemme gekry wat hom reeds ’n sterk voorsprong gee vir die tweede rondte wat op 7 Mei gehou word.

Meningspeilings toon glo dat Emmanuel Macron die tweede rondte sal wen aangesien al die ander presidentskandidate aanbeveel by hul ondersteuners om vir hom te stem.

Marine Le Pen het na afloop van die eerste rondte gesê die eerste rondte se uitslag is ’n historiese gebeurtenis, en die tyd het aangebreek om Frankryk te bevry.

Tom Van Grieken van Vlaams Belang in Vlaandere asook Geert Wilders van die Party vir Vryheid in Nederland het hulle gelukwense oorgedra aan Le Pen met haar klinkende oorwinning in die eerste rondte.

Foto – Marine Le Pen ontvang ’n prag ruiker