Le Pen en Macron steeds die meeste steun

Die Franse presidentskandidate Emmanuel Macron en Marine Le Pen is volgens ’n meningsopname kop aan kop met 23,5% steun vir elkeen.

Aanvanklik het die linkse media beweer dat Macron reeds meer steun as Le Pen geniet en dat hy 25% het teenoor 23,5% van Marine Le Pen.

Die linkse koerant beweer dat Macron se steun later gedaal het en dat hy nou kop aan kop is met die nasionalistiese leier van Front Nasionaal.

In ’n ander meningspeiling is gevind dat Marine Le Pen steeds voor is met 27% steun teenoor Macron se 24%.

Die ander linkse kandidaat, Jean-Luc Mélenchon het 17% steun terwyl die Republikein, Francois Fillon, 19% het en die sosialis Hamon slegs 9%.

Die linkse media in Europa sê Le Pen sal in die tweede rondte van die presidentsverkiesing van Mei slegs 38% van die stemme kry teenoor Macron se 62%.

Sowat 21% van die kiesers gaan egter volgens die meningsopname nie stem in die tweede rondte van die verkiesing nie.

Op 23 April vind die eerste rondte van die verkiesing plaas, en op 7 Mei word die finale rondte gehou.

Foto – Maine Leë Pen en Emmanuel Macron