Le Pen en Macron in tweede rondte

Marine Le Pen en Emmanuel Macron het in die eerste rondte van die Franse presidentsverkiesing die meeste stemme getrek en daarmee hulle plekke in die tweede rondte verseker.

Die eerste berigte lui dat beide kandidate sowat 23% van die stemme gekry het teenoor die derde en vierde teenstander se 19 en 20%.

In verskeie TV onderhoude wat met meningsvormers gevoer is, het almal gesê alhoewel die eerste rondte se uitslag redelik gelykop is tussen Le Pen en Macron, die linkses vir Macron sal stem in die tweede rondte.

Die media het voluit gegaan om Le Pen te etiketteer as “die gevaar vir Europa” as sy tot president verkies sou word in die tweede rondte.

Indien Macron verkies sou word, sal hy die jongste president wees wat Frankryk regeer het in die afgelope 50 jaar.

Die konserwatiewe Francois Fillon het in ’n mediaverklaring gesê hy moedig sy ondersteuners aan om vir Macron te stem. Ook Hammon het gesê sy ondersteuners sal vir Macron stem.

Dit beteken dat Frankryk se kiesers ’n reuse aanslag teen Le Pen sal voer wat haar kanse om verkies te word, baie skraal gemaak het.

Foto – Marine Le Pen