Landswye stakings verlam Argentinië

Wat beskou word as die konserwatiewe president van Argentinië se grootste krisis sedert hy twee jaar gelede die bewind oorgeneem het, word nou veroorsaak deur die optrede van demonstreerders wat bots met die polisie.

In Buenos Aires het duisende ontevredenes gesorg vir ’n 24 uur algehele stilstand van die stad tydens hulle algemene staking.

Die werkers meen dat president Macri se vryemark beleid het hulle inkomste op ’n ongelyke basis gebring.

Die optoggangers het daarmee die land se president, Maurico Macri, se beleid uitgedaag wat sedert sy bewindsaanvaarding in 2015 daarvan beskuldig word dat hy pro-sakeman in sy beleid is ten koste van werkers.

Die stad was oorspoel van optoggangers wat bestaan uit werkers van banke, fabrieke, lugvaartwerkers, onderwysers, bus- en vragmotorbestuurders, agente en bestuurders wat almal ontevrede is met die huidige beleidsrigting.

Al die werkers het hulle werk vir die 24 uur tydperk verlaat om deel te neem aan die protes optog.

Die meeste sakeondernemings in Buenos Aires was gesluit weens ’n tekort aan werkers, en sowat 60 000 passasiers moes sien hoe 800 geskeduleerde vlugte vertraag word.

Volgens ’n opname is een uit elke drie mense as armoedig beskou in die land en die konserwatiewe regering van die welgestelde president Macri slaag klaarblyklik nie daarin om die verhouding te verbeter nie.

Meningspeilings toon dat president Macri se gewildheid vir die eerste keer sedert 2015 aan die afneem is en waarskynlik nog verder sal daal as hy nie met nuwe voorstelle sy kiesers bymekaar hou nie.