Kompetisie Kommissie tree maatskappy aan

Die Kompetisie Kommissie het Afrimat, ‘n baksteen vervaardiger, verwys na die kompetisie tribunaal weens buitensporige pryse wat gehef word vir verskaffing van rou materiaal aan baksteen verskaffers.

Afrimat  is die verskaffer van die hoofbestanddele vir die vervaardiging van stene wat gebruik word om Hophuise te bou.  Die kommissie het bevind dat Afrimat sy dominante posisie as verskaffer van steenkool-as aan baksteen vervaardigers misbruik het en buitengewone hoë pryse gevra het vir die verskaffing van die produk aan vervaardigers.

‘n 10% boete van Afrimat se jaarlikse omset kan opgelê word sou die tribunaal die Kompetisie Kommissie gelyk gee.