Kommuniste en vakverbonde eis steeds Zuma se kop

Ten spyte van die terugkrabbeling van senior ANC lede oor Jacob Zuma se optrede, bly die alliansievennote, SAKP en Cosatu, by hulle eis dat hy moet bedank.

Beide voel dat Zuma hulle nie meer raadpleeg in besluite nie en dat hy verantwoordelik is vir die krisis waarin die land hom bevind.

Cosatu het blatant gesê dat Zuma nie meer die vermoë het om die land te regeer nie.

Die SAKP het steeds ‘n aantal ministers in die kabinet, en het gesê hulle sal daar bly om invloed binne die kabinet te bly uitoefen. Interessant genoeg is die laaste wit gesig in die kabinet, Rob Davies, ‘n prominente SAKP-lid.

Daar word egter bespiegel dat as die SAKP Zuma se kop bly eis, hy dalk weer ‘n keer die kabinet kan skommel om ook die SAKP-lede te vervang met meer lojale lede. Sy laaste kabinetskommeling het juis dit gedoen, terwyl hy vier nie-swart ministers met swartes vervang het, en hy dus ook besig is met ‘n soort etniese suiwering van die kabinet. Hy sal waarskynlik graag ook van Davies ontslae wil raak om met ‘n swart minister te vervang.

Foto: Rob Davies