Inbrake by parlement

Daar is by die taalafdeling van die parlement ingebreek maar dit is onbekend of daar iets geneem is.

Voorheen is daar ook ingebreek by die parlementêre kantoor van die staatsuitsaaier, die SABC, en verskeie rekenaars is verwyder.

Die kantore word 24 uur beskerm deur die SAP maar dit het nie die inbraak verhoed nie, en kenners is van mening dat die ondersoek nog bepaalde verrassings kan oplewer in die sin dat SAPD-lede moontlik betrokke sou kon wees.