Hofsaak teen Trump mag begin

Die Federale regter in die Amerikaanse stad Louisville het die afgelope naweek toestemming gegee dat ’n hofsaak teen die president, Donald Trump gemaak kan word.

Die klag wat teen die president ingebring word, is dat hy tydens die verkiesingsveldtog hom skuldig gemaak het aan aanhitsing tot geweld.

Die klag spruit uit ’n voorval in Louisville toe die president ’n vergadering gehou het tydens sy verkiesingsveldtog, en twee vroue en ’n man amok wou maak en hy gevra het dat hulle “hardhandig verwyder moes word”.

Die regter het die regsverteenwoordiger van president Trump se argument verwerp dat daar nie ’n bedoeling was om gewelddadig op te tree nie.

Die regter het beslis dat Trump se oproep die gebruik van geweld tot gevolg gehad het.

Iemand het ook ’n video opname gemaak van hoe die betogers uit die vergadering verwyder is.