Guptas se pantservoertuig verdwyn

 

Die pantservoertuig van die Gupta broers by hul  Saxonworld kompleks het oornag “verdwyn” na navraag oor hoe hul ‘n militêre voertuig kan “besit”.

Hulle regsverteenwoordiger het intussen gesê dat hulle wel die voertuig wettig mag besit aangesien hul die maatskappy besit wat die voertuie vervaardig.

Jeff Radebe het ook geen kommentaar gelewer vanuit die Uniegebou nie.

Intussen het ‘n militêre kenner, Helmut Rohmer-Heitman, gesê dit is nie onwettig om ‘n pantservoertuig te besit nie, solank daar geen militêre toerusting daarin aangebring is nie.

Die feit dat die voertuig so vinnig verdwyn het, laat die vermoede ontstaan dat die voertuig inderdaad militêre toerusting aan boord gehad het.